Gevaarlik

201003jackparowJack Parow is die nuutste groot nuus in die alternatiewe Afrikaanse musiekbedryf, en sy lirieke – met tye satiries, met tye omstrede, maar altyd onweerstaanbaar skerp – vind aanklank by ’n wye gehoor. Maar wie is die rapper nou eintlik? abouTime vind uit.

Hoe behandel 2010 jou sover? Wat is op Jack Parow se kalender vir die res van die jaar?
Dinge gaan mal sover – baie, baie. My kalender lyk ook lekker; baie parties, baie dronk raak en baie rap.

Klink lekker. Jou album kom in Maart uit… Wat kan fans verwag?
Dit gaan die gevaarlikste album wees wat Suid Afrika nog getref het… wees gereed. Dit sal in Maart die rakke slaat ja, so teen die einde, en sal beskikbaar wees by alle goeie en slegte musiekwinkels, asook op die interweb. En dit word gelaunch met ’n paar next level secret goed wat alles net nog fancier gaan maak.

So, hoekom in Afrikaans rap?

Hoekom nie? Dis die beste taal wat bestaan. Ek is mal daaroor – ek kan nie dink om ooit weer nie Afrikaans in my musiek te hê nie. Ek kry nou record deals uit Europa, Amerika en Australië, en meeste van hulle verstaan nie eers wat ek sê nie. So ja, Afrikaans is die koning en dit word nou bewys.

Wanneer, en hoe, het jy besef dat rap en musiekmaak jou ding is?

Ek like nog altyd rap, vandat ek 12 was en die eerste keer Snoop Dogg se Doggystyle album gehoor het, was ek hooked. Ek het ook nog altyd van goed gehou wat rym, soos Dr Seuss ensovoorts, en dit het toe maar net gelei na ’n gevaalike rap career.

Herken mense jou op straat? Wat doen hulle?
Haha, ja, actually gebeur dit nogal baie. Ek het die ander dag by die robot gestaan, toe spring die ou in die kar voor my uit en hardloop na my toe en neem ’n foto en vra vir my autograph… Dis mal, ek is glad nie gewoond daaraan nie.

Wat is die vreemdste ding wat al ooit tydens ’n optrede met jou gebeur het?

‘n Meisie het my met haar bra gegooi en dit het perfek op die voorkant van my mike geval – dit was nogal dêm kief.

Jy werk saam met ander groot name in die (Suid-)Afrikaanse musiek industrie. Met wie sal jy nog graag plaaslik wil saamwerk? En internasionaal?

Ek sal graag nog saam met Robbie Wessels iets wil doen – ek like hom dik stukke, hy’s kwaai. En dan natuurlik saam met David Kramer en Koos Kombuis sal ook next level kief wees. Internasionaal weet ek nie, daar’s baie… Major Lazer, definitief.

Hoe sal jy die woord “kief” aan ’n buitelander wat geen begrip van Afrikaans het nie, verduidelik?
Dit beteken iets is lekker kwaai (of in Engels seker maar cool). Dis ’n lekker woord om te sê, en dis ’n lekker woord om te gebruik. Byvoorbeeld: “Daai is ’n paar kief mags op daai Datsun van jou.”

Hoe wil jy hê moet mense jou rap ervaar?
Soos ’n koue dubbel ná ’n lang dag se werk.

As iemand nou R1,000 in jou hand gestop het en jy dit binne ’n uur moes uitgee, wat sou jy daarmee doen?

Van daai smoke screen goed vir my kar se vensters koop, en die res spandeer op brannas.

Hoe werk jou song writing proses – van inspirasie tot die finale produk?
Ek kry gewoonlik eers die beat, en dan van daar af sit ek maar net en luister dit totdat dit met my praat, en dan skryf ek net wat ek dink en hoe dit my laat voel. Ek skryf nie eintlik topics nie, ek werk nie goed uit voor die tyd nie, ek probeer my liedjies so real hou as moontlik en skryf net wat ek voel.

Wat maak Jack Parow 16h00 op ’n Sondagmiddag?
Babaleer.

Wat is vir jou die mooiste Afrikaanse woord?
Eierstokke.

Kyk jy TV? Waarna?
Ja – rugby.

Wat is die grootste kompliment wat jy al ooit ontvang het?
Jy lyk blêrrie sexy as jy dronk is… En ’n ander meisie het my getune my song Die Vraagstuk het haar laat ophou drugs doen.

…en die grootste belediging?
Ek dink nie jy moet nog drink nie.

Beskryf die Jack Parow experience in vyf woorde?

Zef romantiese Afikaanse rap extravaganza.

Waar kan fans meer oor jou uitvind?

Op www.myspace.com/therealjackparow, en op Facebook by my fan page Jack Parow. Met een r, weet nie hoekom so baie mense dit met twee skryf nie… Dis soos die plek, nie soos wat ook al die ding is wat twee het nie.

Jou liedjie Cooler As Ekke was op die Vredefest Elektro-album ingesluit. Hoe voel dit om deel van iets so spesiaals te wees?
Amazing. Herman was ’n amazing mens en chommie, so ek is baie trots daarop.

Is daar enigiets anders wat jy graag wil noem?
Street racing.

Storie deur Jacqueline Cochrane / www.jacquelinecochrane.com
Foto’s © Antonie Robertson, Sean Brand

WIN
Win 1 of 3 copies of Supra Familias’s new Vredefest Elektro album featuring Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Die Antwoord, Jax Panik and Flash Republic. Proceeds from the album will go to the Vrede Foundation. The Foundation was established in the memory of Herman Pretorius, an MK Amp presenter and an integral member of the Bellville music scene. The Foundation helps to create awareness among young South Africans regarding cancer. It also provides financial aid to young South Africans who have cancer but no medical aid.
SMS the word TIME followed by the word PAROW to 35131. Cost per SMS is R3. Competition closes 31st March 2010. By entering this competition you consent to receiving electronic information pertaining to abouTime and/or 1time Airline.Terms and conditions apply.


Leave a comment:



1time